Royal Albert Hall
Gebou in LondenDie Royal Albert Hall is 'n konsertsaal in die mees noordelike deel van Kensington in westelike Sentraal-Londen wat internasional bekend staan vir sy Proms-konsertreekse wat sedert 1941 jaarliks in die somermaande aangebied word. Die saal het 'n maksimum-kapasiteit van 5 272 sitplekke, afhangende van die gebeurtenis. Die uitleg van die verhoog en die getal staanplekke kan aangepas word sodat die getal sitplekke styg of verminder. Die konsertsaal word nie deur die Britse regering of Londense administrasie befonds nie, maar is 'n geregistreerde nie-winsgewende instelling.
Read article







